dis ‘n proses

40 thoughts on “dis ‘n proses”

  1. So oop en weerloos in woorde uitgedruk… Soos mens lees ry ek saam met jou die wipplank van die lewe…. Jy mag maar en dankie vir die deel.
    Jy kan nooit vir ander vertel hoe soiets jou raak tensy jy eers self daardeur is nie.

    Liked by 1 person

  2. Jy is geopereer, en ek het dit nie geweet nie. My hart is seer daaroor, maar ek glo jy was omring deur omgee mense. Liza, hierdie is omtrent ń alleen pad, vir jou en jou kind, en tog is julle saam. Jou fotos vertel baie.

    Liked by 1 person

  3. Is dit John Lennon wat gesê het: “Everything will be okay in the end. If its not okay, its not the end.” Baie dankie dat jy jou emosie en jou reis deel. Dis goed vir ons om dit te lees en saam met jou te stap. Sterkte!

    Liked by 1 person

  4. Liewe Liza…ek lees jou raak onder Una se naam. Dankie dat jy dit deel. Ons is so afhanklik om van mekaar se laste te lees om net self moed te hou vir die paadjies wat onsself stap. Mag julle pad vorentoe net getuig van goedheid en guns.

    Liked by 2 people

  5. Jou woorde het my aangegryp – dit gaan oor meer as net ‘n siekte, toetse, operasies – dit gaan oor lewe en liefde, en die verhouding tussen ‘n ma en dogter. Beste wense vir die pad wat nog voorlê – dit kom met liefde van nog ‘n ma-en-dogter span.

    Liked by 2 people

  6. Sjoe, wat n reis! Jy beskryf dit so goed. My niggie het so 2jr gelede haar nier vir haar man geskenk. Hulle was albei vir n hele ruk maar taamlik siek daarna. Jy gee my n idee van die reuse stap wat julle almal moes tree om anderkant uit te kom. Ek haal my hoed vir julle af.

    Liked by 1 person

    1. Dankie seegogga, ek dink dit sal ‘n storie op sy eie wees… die herstel proses. En die feit dat Charlotte se hele lewe ook gaan anders wees post transplant. Die dissipline, die medikasie en ander aanpassings. Maar ek weet die Here gee grace in die oomblik, ons weet nog nie heeltemal wat wag nie en ek wil nie weer stupid en arrogant wees nie!

      Liked by 1 person

    1. Jy is die tweede mens wat prontuit vir my sê hulle sal nie so iets kan doen nie, ek bewonder jou eerlikheid.
      Ons het onlangs in die Transplant Unit gesit terwyl ‘n pa getoets is om vir sy seuntjie te skenk. Toe die suster hom vra of hy enige vrae het, was sy eerste vraag…”How long after the transplant will I be able to donate blood again?” Charlotte het haar kop geskud en gesê, “ma, julle is ‘n spesie op julle eie.”
      Mens weet nie waartoe jy in staat is voordat jy nie met realiteit gekonfronteer word nie. Ek wou nog altyd ‘n skenker wees, ek het nie gedink dit sal vir my eie kind wees nie. Maar ek het ook die nefroloog gevra of hulle nie ‘n stukkie lewer ook wil vat terwyl hulle my oopmaak nie. Sy het nee gesê…

      Like

  7. Sjoe Liza…. Jy kan darem woorde raakvat.
    Dalk sal ek ook eendag iets kan skryf oor my proses…. my journey van rou. Dis sulke swaar prosesse maar ek’s nie jammer oor die groei wat dit meegebring het nie. Eks ‘n ander mens as 5 jaar terug en ek is diep dankbaar daarvoor.
    Ek stap die pad end-uit saam met julle.

    Liked by 1 person

    1. Dis gewoonlik die woorde wat my raakvat! Ek hardloop mos maar lekker weg van skryf. Ja, jou journey was nie maklik nie en dit is ‘n storie wat verdien om vertel te word.
      Ek sal graag oor vyf jaar wil terugkyk op hierdie pad en sien dat dit goed was. Ek stuur vir jou baie liefde.

      Like

Leave a Reply to Vlindersag Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s