die assistent

"we learn the rope of life by untying its knots..."
Jean Toomer
as mens se besigheid buite beheer groei
dan maak jy jou ma
jou assistent
so
op 'n sonnige middag in junie
op my lekker stoep
buig my kind oor my
en sy leer my knoop
ek wil vere en skulpe hier by myne inknoop,  sê ek
nog nie, sê sy
ma leer nou eers knoop
ek frons en
fokus op my werk
ek is immers
net
die
assistent
www.meisiekind.co.za  
 lank nadat sy hier weg is toe kom die woorde in my op
my kind sal leef
want
creativity is mankind's greatest survival tactic...

10 responses to “die assistent”

  1. Jy ruk met hierdie stuk lekker aan die knope in my hartsnare. Sy is so pragtig, Liza.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Una, sy is vir my ook mooi. Binne en buite.

      Like

  2. Dink dikwels aan julle en dan wonder ek hoe dit gaan…

    Liked by 1 person

  3. …daarom is ek so dankbaar oor hierdie kosbare inskrywing.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Frannie, die paneel het toe nie gesit op 11 Junie nie – so ons wag biddend op 16 Julie vir my saak om voor die paneel te kom.
      Tot dan is ek nog nie goedgekeur as haar skenker nie alhoewel al die toetse reeds gedoen is. Ons wag en ons bid. Dis al wat ons kan doen.

      Liked by 1 person

      1. Ai, sterkte vir julle almal!

        Liked by 1 person

  4. Liewe Liza, mag Sy tyd en afspraak met julle spoedig wees. Drukkies en gebede xxx

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie! Al die gebede gaan soos soet wierook op. Ek dink gereeld aan Psalm 130 soos ons dit in die Gereformeerde Kerk gesing het… “Uit dieptes, gans verlore, van redding ver vandaan, waar hoop se laaste spore, in wanhoop reeds vergaan… roep ek, o HERE, hoor, en laat my jammerklagte tog opklim in u oor!”

      Like

Leave a comment